1 יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan na Farao en sê vir hom: So sê יהוה, die God van die Hebreërs: ‘Laat My volk gaan sodat hulle My kan dien
2 en as jy weier om hulle te laat gaan en hulle nog vashou,
3 let op, dan sal die hand van יהוה teen jou beeste wat in die veld is, teen die perde, teen die donkies, teen die kamele, teen die osse en teen die kleinvee wees, met ’n baie swaar pes.
4 יהוה sal ’n onderskeid maak tussen die lewende hawe van die Yisra’eliete en die lewende hawe van die Mitzrayiete sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die seuns van Yisra’el behoort nie.’”