2 en as jy weier om hulle te laat gaan en hulle nog vashou,
3 let op, dan sal die hand van יהוה teen jou beeste wat in die veld is, teen die perde, teen die donkies, teen die kamele, teen die osse en teen die kleinvee wees, met ’n baie swaar pes.
4 יהוה sal ’n onderskeid maak tussen die lewende hawe van die Yisra’eliete en die lewende hawe van die Mitzrayiete sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die seuns van Yisra’el behoort nie.’”
5 יהוה het ’n bepaalde tyd vasgestel en gesê: “Môre sal יהוה hierdie ding doen in die land.”
6 יהוה het dit die volgende dag gedoen: al die lewende hawe van die Mitzrayiete het doodgegaan, maar van die vee van die seuns van Yisra’el is nie een dood nie.
7 Farao het gestuur en let op, nie eens een van die lewende hawe van die Yisra’eliete was dood nie! Farao se wil, emosie en verstand was verhard en hy het die volk nie laat gaan nie.
8 יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Vat vir julle hande vol as uit ’n hoogoond en laat Moshe dit na die hemel toe uitgooi voor die oë van Farao