20 Hulle wat יהוה se woord gevrees het onder die diensknegte van Farao, het hulle slawe en lewende hawe na die skuilings laat vlug,
21 maar die wat geen ag gegee het op יהוה se woord nie, het hulle slawe en lewende hawe in die veld laat bly.
22 יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit na die hemele sodat daar hael sal wees in die hele land van Mitzrayim, oor mense, diere en oor al die plante van die veld in die land van Mitzrayim.”
23 Moshe het sy staf na die hemele uitgesteek en יהוה het donder en hael gestuur en vuur het na die aarde gereën en יהוה het hael op die land van Mitzrayim laat reën.
24 Daar was hael en vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele land van Mitzrayim nog nooit was vandat dit ’n nasie geword het nie.
25 Die hael het in die hele land van Mitzrayim alles wat in die veld was geslaan, mense sowel as diere en die hael het al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verpletter.
26 Net in die land Goshen, waar die seuns van Yisra’el was, was daar geen hael nie.