29 Moshe sê vir hom: “So gou as wat ek uit die stad uitgegaan het, sal ek my hande tot יהוה uitbrei. Die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie sodat u kan weet dat die aarde aan יהוה behoort,
30 maar wat u en u diensknegte betref; ek weet dat julle יהוה-God nog nie vrees nie.”
31 Die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop,
32 maar die graan en die spelt is nie geslaan nie, want hulle is laat oeste.
33 Moshe het uit die stad uit van Farao af weggegaan en sy hande tot יהוה uitgebrei en die donder en hael het opgehou en die reën het nie meer op die aarde geval nie.
34 Toe Farao sien dat die reën, die hael en die donder ophou, het hy weer gesondig en sy wil, emosie en verstand verhard; hy en sy diensknegte.
35 Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik sodat hy die seuns van Yisra’el nie laat gaan het nie, soos יהוה deur die hand van Moshe gesê het.