19 Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.
20 Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.
21 Die lippe van die regverdige is vol onverdiende guns, maar die dwase sterf deur die gebrek aan wysheid.
22 Die seën van יהוה bring rykdom en daar sal geen smart in wees nie.
23 Dit is ’n grap vir die dwaas om ’n slegte plan uit te voer, maar ’n man van insig het wysheid.
24 Die vrees, wat die bose dryf, sal oor hom kom, maar die begeerte van die regverdiges sal vervul word.
25 Soos die warrelwind skielik verbygaan, so sal bose mense vergaan en nie meer wees nie, maar die regverdige is ’n ewigdurende fondasie.