1 My seun, luister na my wysheid, draai jou oor na my insig
2 dat jy na raad kan luister en jou lippe kennis kan behou,
3 want die lippe van ’n vreemde vrou drup soos ’n heuningkoek en haar woorde is gladder as olie,
4 maar die einde van haar lewe is so bitter soos wilde-als, soos ’n swaard met twee snykante.
5 Haar voete laat mans afgaan na die dood, haar treë vat haar na Sh’ol.
6 Sy loop nie op die land van die lewendes nie, haar pad is veranderlik en onbekend.
7 Luister daarom nou na my en doen dit, julle seuns en moenie afwyk van die woorde van my mond nie.
8 Verwyder jou lewenswyse ver van haar af en kom nie naby die deur van haar huis nie
9 sodat jy nie jou krag aan ander sal oorgee en jou jare aan die wreedaards
10 en dat vreemdes hulle nie versadig met jou rykdom en jou werk in die huis van ’n vreemdeling kom nieRom 1:24
11 en jy in jou oudag spyt sal hê, as die vlees van jou liggaam verteer word
12 en jy sê: “Hoekom het ek instruksies gehaat en my verstand, wil en emosie teregwysing verag
13 en hoekom het ek nie geluister na die stem van my onderwyser, of my oor gedraai na hulle wat vir my instruksies gegee het nie!
14 Ek was in amper alle soorte boosheid te midde van die vergadering en die gemeente.
15 Drink water uit jou eie put en lopende water uit jou eie fontein.Spr 10:11
16 Laat jou water oorloop in jou strate, laat dit na buite versprei.
17 Laat dit net vir jou alleen wees, laat vreemdelinge nie met jou deel nie.
18 Mag jou fontein geseënd wees en verheug jou in die vrou van jou jeug.
19 Laat haar wees soos ’n liefdevolle bokooitjie en ’n aangename Ibex ooi; laat haar borste jou altyd tevrede stel en wees altyd bekoor deur haar liefde.
20 My seun, moenie mislei word deur ’n vreemde vrou, of die borste van ’n vreemde vrou omhels nie,
21 want elke mens se lewenswyse is voor die oë van יהוה en al sy paaie lê oop voor Sy Teenwoordigheid.
22 Die bose sal gevang word deur sy eie oortredinge en hy sal deur die bande van sy sonde vasgebind word.
23 Hy sal sterf sonder instruksies en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy afdwaal.