17 ’n Man van goedheid doen goed aan sy eie lewe, maar ’n wreedaard vernietig sy eie vlees.
18 Die bose man doen ’n misleidende werk, maar hy wat onpartydige opregtheid saai, het ’n ware beloning.
19 ’n Seun wat in onpartydige opregtheid grootgemaak is, leef lank, maar hy wat boosheid najaag, jaag na sy eie dood.
20 Die wat pervers van verstand, wil en emosie is, is vir יהוה verwerplik, maar die wat opreg is in hulle lewe, is Sy vreugde.
21 Hy wat sy hand teen sy naaste uitsteek sal nie ongestraf bly nie, maar die nageslag van die regverdige sal bevry word.
22 Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet, so is ’n mooi vrou sonder goeie oordeel.
23 Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn.