20 Die wat pervers van verstand, wil en emosie is, is vir יהוה verwerplik, maar die wat opreg is in hulle lewe, is Sy vreugde.
21 Hy wat sy hand teen sy naaste uitsteek sal nie ongestraf bly nie, maar die nageslag van die regverdige sal bevry word.
22 Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet, so is ’n mooi vrou sonder goeie oordeel.
23 Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn.
24 Daar is hy wat sy saad na buite uitstrooi en tog baie inbring en hy wat bymekaarmaak wat nie syne is nie en tog minder het.
25 Die lewe wat seën, sal verryk word en hy wat vloek sal meer vervloek word.
26 Hy wat graan terughou in die tyd van nood, sal in die hande van sy vyande val, maar ’n seën sal op die kop wees van hom wat dit verkoop.