20 Bedrog is in die verstand, wil en emosie van die bose wat boosheid beplan, maar die wat raad gee oor vrede sal vreugde hê.
21 ’n Bedrieglike ding is nie goed in die oë van die regverdige nie, maar die bose is vol boosheid.
22 Leuenagtige lippe is vir יהוה verwerplik, maar hulle wat getrou optree is Sy vreugde.
23 ’n Skrander mens is die sitplek van kennis, maar die verstand, wil en emosie van die dwase verkondig boosheid.
24 Die hand van die hardwerkendes sal heers, maar die bedrieglike sal moet betaal.
25 ’n Vreesagtige woord bekommer ’n mens se verstand, wil en emosie, maar ’n goeie woord maak dit bly.
26 Die regverdige gee goeie raad vir sy buurman, maar die lewenswyse van die bose sal hulle laat afdwaal.