1 ’n Sagte antwoord draai die woede weg, maar ’n harde woord wek woede op.
2 Die tong van die wyse gebruik kennis reg, maar die mond van dwase spoeg vloeke uit.
3 Die oë van יהוה is op elke plek en let op na die slegtes en die goeies.
4 ’n Helende tong is ’n boom van lewe en hy wat van sy vrugte eet sal daardeur gevul word.
5 Die dwaas verag die dissipline van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, is wys.