24 Die pad van die lewe gaan opwaarts vir die wyse sodat hy mag wegkom van die dieptes van Sh’ol.
25 יהוה sal die huis van die trotsaards vernietig, maar Hy sal die besittings van die weduwee verseker.
26 Bose gedagtes is verwerplik vir יהוה, maar suiwer woorde is vir Hom aangenaam.
27 Hy wat omkoopgeld aanvaar, vernietig sy eie lewe, maar hy wat omkoop haat, sal lewe.
28 Die verstand, wil en emosie van die regverdige oordink in waarheid, maar uit die mond van die bose stroom bose dinge.
29 יהוה is ver van die bose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.
30 Die lig van die oë verbly die binneste en ’n goeie tyding maak die gebeente vet.