5 Die dwaas verag die dissipline van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, is wys.
6 In die huis van die regverdige is groot krag, maar die oes van die bose sal vernietig word.
7 Die lippe van die wyse uiter kennis, maar die verstand, wil en emosie van die dwase is nie opreg nie.
8 Die offers van die bose is verwerplik vir יהוה, maar die gebed van die opregtes is Sy vreugde.
9 Die lewenswyse van die bose is ’n verwerplikheid vir יהוה, maar Hy het hom lief wat onpartydige opregtheid navolg.
10 Die tugtiging van die wat nie boosheid erken nie is bekend, maar hy wat teregwysing haat, sal sterf.
11 Sh’ol en vernietiging is voor יהוה, hoeveel te meer nie die verstand, wil en emosie van die mens nie!