6 Deur liefdevolle goedheid en waarheid word morele boosheid gereinig en respekvolle vrees vir יהוה laat mense afwyk van boosheid.
7 Wanneer ’n man se lewenswyse volgens יהוה se wil is, sal hy selfs met sy vyande regmaak.
8 Eerder ’n bietjie, saam met onpartydige opregtheid, as ’n groot opbrengs, onregverdig ingebring.
9 Die verstand, wil en emosie van die mens beplan sy lewenswyse, maar יהוה vestig sy voetstappe.
10 Goddelike openbaring is op die lippe van die koning; sy mond oortree nie in oordeel nie.
11 Die gewig van ’n regverdige weegskaal, is יהוה se oordeel; al Sy werke is regverdige gewigte.
12 Konings wat moreel oortree, is verwerplik, want ’n troon word gevestig deur onpartydige opregtheid.