7 Wanneer ’n man se lewenswyse volgens יהוה se wil is, sal hy selfs met sy vyande regmaak.
8 Eerder ’n bietjie, saam met onpartydige opregtheid, as ’n groot opbrengs, onregverdig ingebring.
9 Die verstand, wil en emosie van die mens beplan sy lewenswyse, maar יהוה vestig sy voetstappe.
10 Goddelike openbaring is op die lippe van die koning; sy mond oortree nie in oordeel nie.
11 Die gewig van ’n regverdige weegskaal, is יהוה se oordeel; al Sy werke is regverdige gewigte.
12 Konings wat moreel oortree, is verwerplik, want ’n troon word gevestig deur onpartydige opregtheid.
13 Die lippe van ’n onpartydige en opregte man is ’n vreugde vir die koning en hy het die woorde van die opregte lief.