1 ’n Stuk droë brood en rustigheid daarby is beter as ’n huis vol feesmaaltye met getwis.
2 ’n Wyse dienskneg sal heers oor ’n seun wat skande maak en sal die erfenis deel saam met die broers.
3 Die smeltkroes is vir silwer en die oond vir goud, maar יהוה toets die binneste.
4 Die bose luister vir valse lippe, maar die regverdige luister nie na die tong van gewelddadige manne nie.
5 Hy wat met die arme spot, tart sy Maker; hy wat bly is oor ’n katastrofe, sal nie vergewe word nie.
6 Kinders se kinders is die kroon vir ou manne en die lof en eer van die kinders is hulle vader.
7 Uitstekende taal pas nie by ’n dwaas nie en ook nie leuentaal by ’n regverdige nie!