7 Uitstekende taal pas nie by ’n dwaas nie en ook nie leuentaal by ’n regverdige nie!
8 ’n Kosbare edelgesteente is mooi in die oë van sy besitter; oral waar dit gaan word dit bewonder.
9 Hy wat ’n oortreding vergeet, soek vriendskap, maar hy wat dit haat om ’n oortreding te vergeet, vervreem homself van ’n vriend en naaste.
10 ’n Berisping breek die binneste van die wyse; die dwaas ontvang straf, maar besef dit nie.
11 Die twisgierige soek moeilikheid; daarom sal ’n wrede boodskapper teen hom gestuur word.
12 Bepeinsing en respekvolle vrees pas by ’n wyse man, maar ’n dwaas bepeins sy sinnelose boosheid.
13 Hy wat goed met boosheid vergeld, die boosheid sal nie uit sy huis wyk nie.