13 Hy wat ’n antwoord gee voordat hy gehoor het, is ’n dwaas en nikswerd.
14 Die gees van ’n man sal sy leiding deurstaan, maar ’n gebroke gees, wie kan dit oplig?
15 Die verstand, wil en emosie van die man met insig, verkry wysheid en die oor van die wyse luister na kennis.
16 ’n Man se geskenke maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van groot manne.
17 Hy wat eerste praat, word onskuldig beskou in sy hofsaak, maar as sy naaste kom, ondersoek hy hom deeglik.
18 Om die lot te werp laat stryd ophou en besluit tussen magtige manne.
19 ’n Broer wat deur sy broer gehelp word, is soos ’n stad wat deur sy versterkings gehelp word en sy helpers is soos die wering van ’n paleis.