19 Hy wat ’n geheim openbaar, veroorsaak stories; moet daarom nie meng met hom wat gou met sy lippe is nie.
20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal geblus word.
21 ’n Erfenis wat aan die begin haastig verkry is, sal nie teen die einde geseënd wees nie.
22 Moenie sê: “Ek sal boosheid terugbetaal,” nie, maar wag op יהוה dat Hy jou kan help.
23 Wisselende gewigte is verwerplik in die Teenwoordigheid van יהוה en vals weegskale is nie goed nie.
24 ’n Man se voetstappe word deur יהוה gerig; wie is die man dan, wat sy eie lewenswyse kan rig?
25 Dit is ’n strik vir die man wat belowe het om iets vir ’n afgesonderde plek te gee en dan agterna spyt is.