12 Die regverdige man verstaan wyslik die verstand, wil en emosie van die bose en hy gooi die bose in hulle booshede.
13 Hy wat sy oor toemaak vir die uitroep van die arme, sal self ook uitroep tot God, maar Hy sal hom nie antwoord nie.Spr 18:16
14 ’n Geskenk in die geheim bring die woede tot bedaring, maar hy wat spaarsamig is met sy geskenke wek woede op.
15 Dit is ’n vreugde vir die regverdige om regverdig te oordeel, maar vernietiging vir die werkers van onregverdigheid.
16 ’n Mens wat afdwaal van die pad van insig, sal in die vergadering van die dooies rus.
17 Hy wat rykdom kortkom en steeds van onthale, wyn en plesiere hou, sal nie ryk word nie.
18 Die bose sal as losprys vir die regverdige gegee word en die bedrieglike in die plek van die opregtes.