8 Hy wat sy eie pad verdraai tree snaaks op, maar die werke van hom wat rein is, is reg.
9 Dit is beter om alleen op die hoek van ’n dak te bly as by ’n twisgierige vrou in ’n groot huis.
10 Die lewe van ’n bose man is weggesteek vir sy naaste se oë.
11 Wanneer die bose skade kry, word selfs die eenvoudige wys, maar ’n wyse ontvang kennis deur sy eie raad.
12 Die regverdige man verstaan wyslik die verstand, wil en emosie van die bose en hy gooi die bose in hulle booshede.
13 Hy wat sy oor toemaak vir die uitroep van die arme, sal self ook uitroep tot God, maar Hy sal hom nie antwoord nie.Spr 18:16
14 ’n Geskenk in die geheim bring die woede tot bedaring, maar hy wat spaarsamig is met sy geskenke wek woede op.