26 My seun, gee vir my jou verstand, wil en emosie en laat jou oë my lewenswyses beskou,
27 want ’n hoer is ’n diep put en ’n vreemde vrou is ’n nou put.
28 Sy vernietig mans skielik en vermeerder onreg onder die mens.
29 Wie het probleme? Wie het moeilikheid? Wie het teëstand? Wie het harde tye? Wie het wonde sonder oorsaak? Wie het rooi oë?Spr 20:1 maar gesels met regverdige manne; loop en praat met hulle.
30 Dié wat lank oor die wyn bly en wat soek na ’n drinkplek. Moenie dronk wees van wyn nie,
31 Oordink onpartydige opregtheid en moenie kyk na die wyn as dit rooi is in die beker nie,
32 want teen die einde byt dit soos ’n slang en wond dit soos ’n adder.