1 Moenie afgunstig wees op bose manne nie en moet ook nie begeer om by hulle te wees nie,
2 want hulle binneste beplan boosheid en hulle lippe praat van onreg.
3 Deur wysheid word ’n huis gebou en deur insig word dit gevestig
4 en deur kennis word die binneste kamers gevul met allerhande kosbare en aangename rykdom.
5 ’n Wyse man is beter as ’n sterk man; ja, ’n man van kennis, as ’n magtige,
6 want deur uittarting word oorlog gemaak; in ’n menigte raadgewings is daar verlossing.