29 Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen; ek sal aan hom gee volgens sy dade,” nie.
30 Ek het by die land van ’n luiaard verbygeloop en by die wingerd van ’n mens sonder insig
31 en let op, dit was heeltemal toegegroei met dorings en die oppervlakte was bedek met brandnetels en sy klipmuur was afgebreek.
32 Toe het ek daarna gekyk en dit goed oordink en lering ontvang:
33 nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou oor jou bors;
34 dan kom armoede oor jou en behoefte haal jou skielik in soos ’n hardloper.