18 ’n Man wat vals getuienis teen sy naaste gee, is soos ’n knopkierie, ’n swaard en ’n skerp pyl.
19 Soos ’n slegte tand en ’n geswikte voet, so is vertroue op ’n onbetroubare man in die tyd van moeilikheid.
20 Soos een wat ’n kledingstuk wegvat by sy naaste in koue weer, soos een wat sand gooi op die snare van ’n musiekinstrument, soos een wat ’n gebroke gees teister, soos ’n vismot op ’n kledingstuk en ’n boorwurm op ’n boom, so is die effek van smart op die verstand, wil en emosie van ’n man.Rom 12:20
21 As jou vyand honger is, gee hom brood om te eet en as hy dors is, gee hom water om te drink,
22 want deur dit te doen hoop jy gloeiende kole op sy kop en יהוה sal jou beloon.
23 Soos die noordewind wat reën bring, so is ’n boosaardige gesig en ’n tong wat agteraf praat.
24 Dit is beter om op die hoek van ’n dak te bly, as by ’n twisgierige vrou en ’n huis verdeeld in homself.