18 Soos trotse manne wat skerp en dodelike woorde uiter soos pyle,
19 so is die man wat sy naaste bedrieg; wanneer hy gevang word, sê hy: “Ek het net ’n grap gemaak.”
20 Wanneer daar geen hout is nie, gaan die vuur dood en waar daar geen twisgierige is nie, hou die stryd op.
21 Soos kole is vir gloeiende kole en hout vir vuur, so is ’n twisgierige man om stryd aan te hits.
22 Die woorde van ’n twisgierige stook moeilikheid op, hulle gaan af tot in die binneste van die verstand, wil en emosie.
23 Soos silwer skuim wat aan ’n kleipot vassit, so is woedende lippe en ’n bose verstand, wil en emosie.
24 Hy wat haat, is bekend deur sy eie lippe; in sy binneste koester hy bedrog.