22 Hy wat hom haas om ryk te word het ’n bose oog (suinig) en dink nie daaraan dat armoede oor hom sal kom nie.
23 Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind, as hy wat vlei met sy tong.
24 Hy wat sy vader of sy moeder beroof en sê: “Dit is geen oortreding nie,” hy is die metgesel van ’n bose man.
25 Die hebsugtige verwek twis, maar hy wat sy vertroue op יהוה plaas, sal verryk word.
26 Hy wat op sy eie verstand, wil en emosie vertrou, is ’n dwaas, maar hy wat in integriteit leef, sal bevry word.
27 Hy wat aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie, maar hy wat sy oë wegdraai van die behoeftige, sal baie vloeke ontvang.
28 Wanneer die bose opstaan, kruip mense weg, maar as hulle vergaan, vermeerder die regverdiges.