3 ’n Arm man wat die armes onderdruk, is soos ’n swiepende reën wat tot geen voordeel is nie.
4 Hulle wat die wet opgee, prys boosheid, maar hulle wat die wet onderhou, word versterk.
5 Bose mense verstaan nie die regverdige oordeel nie, maar hulle wat יהוה soek, verstaan alle goeie dinge.
6 Die arm man wat in sy opregtheid lewe, is beter as ’n ryk man wie se lewenswyse pervers is.
7 Hy wat die wet onderhou, is ’n wyse seun, maar hy wat besig is met sinnelose boosheid, beskaam sy vader.Yes 23:18; Iyov 21:17
8 Hy wat sy rykdom vermeerder deur rente en onregverdige wins, sal dit nalaat vir die een wat goed is vir die armes.
9 Hy wat sy oor toedruk om nie na die wet te luister en dit te doen nie, selfs sy gebed is ’n verwerplikheid.