27 Moenie weier om te doen wat goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie.
28 Wanneer jy iets het, moenie vir jou naaste sê: “Gaan en kom weer môre terug, dan sal ek dit vir jou gee,” nie,
29 Moenie boosheid teen jou naaste beplan nie, aangesien hy in vrede langs jou bly.
30 Moenie met iemand sonder rede twis as hy jou geen kwaad aangedoen het nie.
31 Moenie jaloers wees op ’n man van geweld nie en kies geeneen van sy lewenswyses nie,Mat 10:26; Mat 13:11
32 want die bose is ’n verwerplikheid in die Teenwoordigheid van יהוה, maar die geheime van יהוה is by die opregtes.
33 Die vloek van יהוה is in die huis van die bose, maar Hy seën die blyplek van die regverdiges.1 Kef 5:5