13 Sy soek na wol en linne en werk gewilliglik met haar hande.
14 Sy is soos die handelaar se skip; sy bring haar handelsware van ver af in.
15 Sy staan ook op terwyl dit nog nag is en gee aan haar huisgesin kos en aan haar diensmeisies werk.
16 Sy ondersoek ’n stuk grond en koop dit; van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd.
17 Sy bind haar middel vas met krag en versterk haar arms.
18 Sy sien dat haar handelsware goed is, haar lamp gaan reg deur die nag nie uit nie.
19 Sy steek haar hande gretiglik uit en sit haar hande op die spinwiel.