3 Gee nie jou krag aan vroue of jou lewenswyse aan die uitspattigheid van konings nie.
4 Vir konings, o Mu’el, wees versigtig vir konings wat wyn drink en vir prinse wat sterk drank drink
5 sodat jy nie drink en die wet vergeet en die regverdige oordeel van die geteisterdes nalaat, nie.
6 Gee sterk drank aan hulle wat besig is om te vergaan en wyn aan hulle wat ’n bitter lewe het
7 sodat hulle mag drink en hul smarte vergeet en hulle swaarkry nie meer onthou nie.
8 Maak jou mond oop met woorde van waarheid en oordeel al die seuns van die bose.
9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig en bepleit die saak van die arme en die behoeftige.