14 wat pervers is in sy verstand, wil en emosie, wat altyd boosheid beplan en tweedrag saai;
15 daarom sal sy katastrofe skielik kom, skielik sal hy gebroke wees sonder genesing.
16 Daar is ses dinge wat יהוה haat, ja, die sewende is vir Hom verwerplik:
17 trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
18 ’n verstand, wil en emosie wat bose verbeeldings uitdink, voete wat haastig is om na die boosheid toe te hardloop,
19 ’n valse getuie wat leuens vertel en tweedrag tussen broers saai.
20 My seun, hou jou vader se opdragte en verwerp nie die wet van jou moeder nie.