2 dan is jy verstrik in die woorde van jou mond, gevang deur die woorde van jou lippe,
3 doen nou dit, my seun en bevry jouself, want ter wille van jou vriend, het jy in die hande van jou vyande geval; gaan daarom en wek jou vriend op om sy verpligting na te kom,
4 moenie jou oë slaap of jou ooglede sluimering gee nie.
5 Bevry jouself soos ’n wildsbok uit die strik en soos ’n voël uit die hand van ’n voëlvanger.
6 Wees soos die mier, luiaard, oorweeg sy lewenswyse en wees wys!
7 Alhoewel sy geen oes het, of ’n aanvoerder oor haar het nie en ook niemand om te lei nie,
8 voorsien sy haar brood in die somer en samel die kos in in die oestyd.