22 As jy loop, laat hulle jou volg, laat hulle by jou wees; beskerm hulle sodat hulle jou beskerm en as jy wakker word, oordink hulle,Ps 119:105
23 want die opdragte is ’n lamp en die instruksies ’n lig en die teregwysing wat dissiplineer is die pad tot lewe,
24 om jou te bewaar teen ’n slegte vrou, van die gevlei van die tong van ’n vreemde vrou.
25 Moenie haar skoonheid in jou hart begeer, of jou in ’n strik laat vang deur haar oë of jou laat gevange neem deur haar ooglede nie,
26 want die voorkoms van ’n hoer is so verleidelik soos ’n brood en die egbreekster jag ’n kosbare lewe.
27 Kan iemand vuur in sy skoot dra en sy klere nie verbrand nie?
28 Kan iemand op warm kole loop en sy voete nie verbrand nie?