17 Ek het lief dié wat my liefhet en dié wat my soek, sal my vind.
18 Rykdom en eer is myne, ja, standhoudende rykdom en onpartydige opregtheid.
19 My vrug is beter as fyn goud en my opbrengs as uitgesoekte silwer.
20 Ek lei op die pad van onpartydige opregtheid, te midde van die paaie van regverdige oordeel,
21 om aan dié wat my liefhet, ’n versekerde verwagting te gee en ek sal hulle skatkamers volmaak.
22 יהוה het my geskep as eersteling van Sy skepping, voor al Sy werke.
23 Ek is van ewigheid af gevestig, vanaf die begin, voordat Hy die aarde gemaak het.