20 Ek lei op die pad van onpartydige opregtheid, te midde van die paaie van regverdige oordeel,
21 om aan dié wat my liefhet, ’n versekerde verwagting te gee en ek sal hulle skatkamers volmaak.
22 יהוה het my geskep as eersteling van Sy skepping, voor al Sy werke.
23 Ek is van ewigheid af gevestig, vanaf die begin, voordat Hy die aarde gemaak het.
24 Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.
25 Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore
26 terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.