24 Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.
25 Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore
26 terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.
27 Toe Hy die hemele vasgestel het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die dieptes;
28 toe Hy die wolke daarbo gevestig het, toe Hy die fonteine van die dieptes versterk het;Ps 104:5,9
29 toe Hy vir die see sy grens gestel het sodat die waters nie Sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondasies van die aarde neergelê het,
30 het ek dit saam met Hom vasgestel en ek was daagliks Sy genot, altyd in vreugde voor Sy Teenwoordigheid,