28 toe Hy die wolke daarbo gevestig het, toe Hy die fonteine van die dieptes versterk het;Ps 104:5,9
29 toe Hy vir die see sy grens gestel het sodat die waters nie Sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondasies van die aarde neergelê het,
30 het ek dit saam met Hom vasgestel en ek was daagliks Sy genot, altyd in vreugde voor Sy Teenwoordigheid,
31 laggend en spelend op Sy bewoonbare aarde en my vreugde was in die seuns van die mens.
32 Luister, hoor en doen wat ek sê, seuns, want geseënd is hulle wat my lewenswyse navolg.
33 Luister, hoor en doen die instruksies en wees wys en moenie afdwaal nie.
34 Geseënd is die man wat na my luister, dit hoor en doen, daagliks wakend by my poorte, wagtend by my deurpos,