3 Sy roep uit by die poorte, by die ingang na die stad, roep sy hardop uit en sê:
4 “Ek roep na julle, o manne en my stem is tot die seuns van die mens gerig
5 sodat eenvoudiges insig en begrip kan verstaan en dwase in hulle verstand, wil en emosie kan verstaan.
6 Luister, hoor en doen, want ek sal waarheid praat en die oopmaak van my mond sal opregtheid voortbring,
7 want my mond sal waarheid praat en leuenagtige lippe is verwerplik voor my.
8 Al die woorde van my mond is onpartydig opreg, daar is niks pervers of misleidend in hulle nie.
9 Hulle is almal duidelik vir die wat hulle verstaan en reg vir die wat gewillig is om kennis te vind.