4 “Wie eenvoudig is, laat hom na my toe kom;” vir wie insig kortkom sê sy:
5 “Kom, eet van my brood en drink van die wyn wat ek gemeng het;
6 laat staan die eenvoudigheid en lewe en gaan op die pad van insig.”
7 Teregwysing van ’n spotter bring oneer; die bose word bestraf deur sy eie vlekke.
8 Moenie ’n spotter bestraf nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse en hy sal jou liefhê.
9 Gee ’n geleentheid aan die wyse en hy sal nog wyser word; leer die regverdige en hy sal kennis vermeerder.
10 Die respekvolle vrees vir יהוה is die begin van wysheid en die kennis aangaande die Afgesonderde is insig,