10 Die vier wiele het presies dieselfde gelyk. Elke wiel het ook ’n wiel binne-in hom gehad wat dwars in hom was.
11 Die wiele het gemaak dat die wesens in enige van die vier windrigtings kon beweeg wat hulle wou, sonder om om te draai as hulle beweeg. Hulle kon reguit in die rigting gaan wat hulle koppe gewys het sonder om ooit na dié kant toe te draai.
12 Die wesens en ook die wiele was vol oë. Die wesens het oë reg oor hulle lywe gehad, en ook oor hulle hande en rûe en vlerke.
13 Ek het gehoor iemand verwys na die wiele as die “warrelende wiele”.
14 Elkeen van die vier boodskappers het vier gesigte: die eerste was dié van ’n bees, die tweede was ’n menslike gesig. Die derde gesig was dié van ’n leeu en die vierde dié van ’n arend.
15 Toe het die wesens opgestyg. Dit was presies dieselfde beeld wat ek ook langs die Kebarrivier gesien het.
16 Terwyl die wesens beweeg, het die wiele saam met hulle beweeg. En wanneer die wesens in die lug beweeg het, het die wiele langs hulle gebly en saam met hulle beweeg soos hulle gevlieg het.