1 Die Here het nog ’n slag met my gepraat en vir my gesê:
2 “Mens, wat is beter aan ’n druiwestok as aan ’n boom wat in die bos groei? ’n Druiwestok kan nie eens so goed gebruik word om vuur te maak as ’n boom se hout nie.
3 Kan jy die hout van ’n druiwestok gebruik om iets van te maak, soos ’n houtpen wat jy teen die muur inkap om iets aan op te hang?
4 Nee, daardie hout is te swak. Dit sal breek. Jy kan met die hout van ’n druiwestok net vuur maak, maar dit brand ook baie vinnig uit.
5 Die takke van ’n druiwestok is nutteloos voor jy dit in die vuur sit, en dit is nutteloos om ’n goeie vuur mee te maak.”
6 Nou sê die Here, Esegiël se God, vir hierdie mense: “Die mense van Jerusalem is soos ’n druiwestok wat tussen die bome in die bos gegroei het. Hulle het geen nut vir My nie omdat hulle nie vrug dra nie. Daarom het Ek hulle eenkant neergegooi om mee vuur te maak.
7 En Ek sal sorg dat as party van hulle ontsnap en nie deur een vuur verbrand word nie, hulle in die volgende vuur gegooi word. Wanneer dit gebeur, sal julle weet en erken dat Ek die Here is.
8 Ek sal julle land vernietig en verlate maak omdat my volk My behandel het presies net soos ’n getroude vrou wat by ander mans slaap,” sê die Here, die God van Esegiël.