Esegiël 12:11-17 DB

11 Verduidelik dan dat wat jy gedoen het, Esegiël, vir die volk wil wys wat baie binnekort met hulle gaan gebeur. Hulle gaan van hulle huise verdryf word. Hulle gaan deur hulle vyande as gevangenes na ’n vreemde land toe gevat word.

12 “Selfs koning Sedekia van Jerusalem sal uit die stad verdryf word. Hy sal een nag deur ’n gat in die stadsmuur moet klim. En hy sal slegs die besittings wat hy op sy skouers kan dra saam met hom vat. Hy sal sy gesig toemaak soos iemand wat as ’n gevangene weggeneem word om die doodstraf te kry vir sy slegte dade. En hy sal nooit weer sy vaderland sien nie.

13 Ek gaan hom vang soos wildvangers ’n verskrikte bok in hulle net vang. En dan sal Ek hom na Babilonië, ’n ver en vreemde land, wegvoer. Hy sal nie die vreemde land kan sien nie omdat sy oë uitgesteek sal wees, en hy sal in daardie vreemde land doodgaan.

14 “Ek sal ook sy helpers en die mense wat hom bedien en die wagte wat hom oppas, saam met hom laat wegneem na die ver en vreemde land. Hulle sal in die oorloë doodgaan.

15 En wanneer hulle in ’n ver en vreemde land sit, sal hulle weet en erken dat Ek die Here is.

16 Ek sal ’n paar van hulle nie laat doodmaak in die oorlog en hongersnood en deur dodelike siektes nie. Hierdie paar mense wat oorbly, sal dan met groot skaamte vir die vyande wat hulle gevang het, vertel van al die slegte dade wat hulle aangevang het. Daardie dag sal hulle almal weet en erken dat Ek die Here is!”

17 Hierna het die Here ook nog vir my gesê: