1 ’n Klomp van die leiers van my volk het toe by my kom kuier. Terwyl hulle by my sit,
2 het die Here vir my gesê wat ek vir hulle moet sê:
3 “Mens, hierdie mans het afgode wat hulle in hulle harte dien. Hulle hou aan verkeerde dinge vas wat hulle mislei om slegte dade te doen. En nou het hulle gekom om te hoor wat Ek vir hulle wil sê. Dink jy Ek wil nog met hulle praat?
4 Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê soos volg oor hulle: Ek is die Here. Ek sal hierdie volk straf omdat hulle afgode in hulle harte aanbid en allerlei slegte dade doen, en dan nog ewe vroom kom vra wat die Here vir hulle te sê het.