14 Selfs as die vroomste mense op aarde, Noag en Daniël en Job, daar was, sou Ek net vir hulle gered het van die dood. Al die ander sou nog steeds vir hulle slegte dade gesterf het,” sê die Here, die God van Esegiël.
15 “Of sê nou maar Ek stuur gevaarlike wilde diere om daardie land binne te val en die land te verwoes en die mense uit te roei.
16 Selfs as hierdie drie vroom mans in daardie land gebly het, verseker Ek jou dat dit die mense van daardie land niks sou help nie. Die mense sou nog steeds doodgemaak word. Die drie mans sou gered word omdat hulle reg voor die Here leef, maar die land en sy mense sou nog steeds uitgeroei word.
17 “Of sê nou Ek het ’n groot weermag teen daardie land laat optrek, en Ek het vir die vreemde leër opdrag gegee om die land te verwoes en die inwoners van die land uit te roei.
18 Selfs as daardie drie mans in daardie land gebly het,” sê die Here, die God van Esegiël, “sou hulle nie die mense gered het nie. Net hulle alleen sou gespaar word.
19 “Of sê nou Ek stuur dodelike siektes teen daardie land omdat Ek woedend is oor die slegte dade wat hulle doen, en baie mense en diere gaan dood deur die siektes wat oral in die land uitbreek.
20 Selfs as Noag, Daniël en Job in daardie land tussen die mense gebly het, verseker Ek jou sou hulle nie die mense gered het nie. Net daardie drie mans sal gered word omdat hulle die regte dade gedoen het.”