29 Selfs Babilonië het jou minnaar geword. Jy het ook by hom gaan slaap. En ná dit alles was jy nog nie tevrede nie.
30 “Hoe siek is jy nie in jou binneste nie, dat jy sulke dinge aanhou doen het! Jy was skaamteloos toe jy as getroude vrou so by enige man in die bed gespring het,” sê die Here, Esegiël se God.
31 “Jy het op elke straathoek plekke gebou waar jy jou afgode kon neersit. En op elke plein in jou dorpe het jy altare gebou om vir jou afgode te offer. Jy het slegter as ’n slet opgetree. Jy was ’n straatvrou wat nie eens betaling gevra het om jou liggaam vir ander mans te gee nie.
32 Jy was die slegte vrou wat met ander mans in die bed geklim het, maar niks met haar eie Man te doen wou hê nie.
33 ’n Straatvrou word betaal as sy haar liggaam vir mans gee. Maar nie jy nie! Jy het die mans wat jy na jou toe gelok het, betaal om dit te doen. Jy het hulle met geskenke omgekoop sodat hulle by jou sal slaap.
34 Waar ’n slet betaal word vir wat sy vir ander mans doen, het jy presies die teenoorgestelde gedoen. Niemand het jou betaal nie. Jy het hulle betaal.
35 “Daarom, jou slegte vrou, hoor as die Here met jou praat.”