56 Jy het mos so gespog dat jy soveel beter is as Sodom. Jy was so vol van jouself.
57 Maar nou wys Ek al jou afskuwelike dade vir die hele wêreld. En hulle almal sien op jou neer. Hulle loop en spot met jou, jou bure. Die Edomiete en die Filistyne lag as hulle na jou kyk.
58 Dit is jou straf. Ek straf jou oor jou afskuwelike, slegte dade,” sê die Here.
59 Daarom sê die Here, die God van Esegiël, nou vir jou: “Ek gee vir jou presies net wat jy verdien. Jy het jou belofte verbreek dat jy aan My getrou sal wees toe jy met My getrou het.
60 Ek maak nie so nie. Ek bly getrou aan jou omdat Ek - toe jy nog jonk was - belowe het dat Ek by jou sal bly. Ek hou my beloftes wat Ek aan jou gemaak het, vir ewig.
61 “Daarom gaan jy nog eendag skaam kry oor jou slegte dade. Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Ek jou susters vat, die een ouer as jy en die een jonger as jy, en hulle jou dogters maak. Ek sal ook beloftes aan hulle maak wat Ek nie sal breek nie.
62 En Ek sal weer my belofte aan jou maak. Jy sal dan weet en erken dat Ek die Here is.