1 Toe het die Here vir my gesê:
2 “Mens, vertel vir jou mense hierdie storie.
3 Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê: Daar was eendag ’n groot arend met wye vlerke. Die arend het digte vere gehad wat verskillende kleure was. Hierdie arend het op ’n dag na ’n hoë berg in Israel gevlieg en die heel boonste tak van ’n sederboom afgebreek.
4 Hy het hierdie takkie in sy bek gevat en dit na ’n ver land, Babilonië, geneem. Toe het hy die takkie daar geplant.
5 “Hierna het hy nog ’n kleiner takkie van hierdie tak afgebreek en dit ook geplant. Daar was goeie, vrugbare grond langs ’n breë rivier. Die tak kon maklik groei en ’n groot boom word.
6 Die klein takkie het kort voor lank ’n druiwestok geword wat laag op die grond groei. Die druiwestok se takke het boontoe gedraai, na die arend toe. Die druiwestok het ook sterk wortels gehad. Gou was daar sterk takke en baie blare.
7 “Maar toe het ’n ander arend gekom, ook met wye vlerke en baie vere. Die druiwestok het toe sy wortels en takke na hierdie arend toe uitgesteek sodat hy vir die druiwestok water kon gee.