9 Toe het hulle ysterhake deur hom gesteek en hom in ’n hok gesiten hulle het hom na die koning van Babilonië toe gebring.Niemand kon sy gebrul weer op die berge van Israel hoor nie.
10 “Jou ma was soos ’n druiwestok wat langs ’n dam geplant is.Die druiwestok het groen blare gehad omdat daar genoeg water was.
11 Die takke van die druiwestok het sterk geword, so sterk dat hulle ’n staf daaruit gemaak het waarmee die koning regeer het.Ná ’n ruk het die druiwestok hoog gegroei en bo al die ander druiwestokke uitgestaan.Hy het uitgestaan bokant die ander, so hoog was hy en so hoog het sy takke gegroei.
12 Maar toe is die druiwestok in woede uitgeruk en op die grond neergegooi.Die warm woestynwind het die vrugte laat verdroog en sy takke afgeruk.Die stam van die druiwestok is deur vuur vernietig.
13 Vandag groei die druiwestok in die woestyn waar die grond hard en droog is.
14 ’n Vuur het van die takke af gekom en die vrug van die druiwestok vernietig.Nie een van die takke wat nou groei, is sterk genoeg om uitgesny te word en as ’n staf vir ’n koning te dien nie.”Dit is die lied wat jy by die begrafnis moet sing. Die begrafnis het nou net begin.