9-10 Ek het toe ’n hand gesien wat na my uitgesteek word. Die hand het ’n boek vasgehou. Dié boek was op die voorblad en die agterblad, en aan al die kante volgeskryf met iets. Ek het stip na die boek gekyk en probeer lees wat daarop geskryf staan. Ek sien toe dit is liedere wat baie hartseer mense sing, mense wat treur oor die dood van iemand vir wie hulle baie lief was. Daar was ook liedere wat mense by die graf sing as hulle iemand begrawe wat baie naby aan hulle was.