11 Ja, die swaard word nou reeds skerp gemaak en blink gevryf. Dit word reggemaak vir die man wat die vonnis oor julle moet kom voltrek!
12 “Mens, skree hard en huil. Huil kliphard! Want hierdie selfde swaard gaan my volk met al sy leiers kom doodmaak. Almal van hulle sal doodgemaak word.
13 Ek sal my volk toets. Watter kans sal hulle hê as Ek hulle begin straf?” Dis die Here, Esegiël se God, wat dit vra.
14 “Mens, sê vir hulle presies wat Ek vir jou sê. Maak ’n geraas sodat die volk vir jou kyk. En swaai dan die swaard twee, drie maal heen en weer. Wys só vir die volk hoe groot die verwoesting onder hulle gaan wees.
15 Maak hulle bang. Laat hulle harte inmekaarkrimp van vrees, want die swaard wag by elke hek waar ’n mens sou kon uitvlug. Dit is blink gevryf om mense dood te maak.
16 O, swaard, kap na die linkerkant. En na die regterkant. Kap waar jy wil en na wie jy wil.
17 Ja, daardie dag sal Ek ook my hande klap, so bly sal Ek wees dat Ek my woede op julle kon afkoel oor al julle slegte dade. Ek, die Here, het met julle gepraat.”